Month: Oktober 2018

Die Ware Ek

Gevoelens van onwaardigheid en skaamte het jarelank byna my hele lewe negatief beïnvloed. Sê nou ander hoor van my reputasie? Met God se hulp het ek ’n kerkleier vir ete genooi, tog wou ek perfek voorkom. My huis was silwerskoon, ’n driegangmaaltyd gereed en ek was in my beste klere.

Ek is gou na buite om ’n kraan toe te…

Altyd Aanvaar

Ná ’n hele paar jaar waarin Angie op akademiese gebied probeer byhou het, is sy uiteindelik uit haar keurlaerskool gehaal en oorgeplaas na ’n “normale” skool. Neem ’n mens Singapoer se hoogs wedywerende onderwysomgewing in ag, waar ’n “goeie” skool jou vooruitsigte kan verbeter, kan dit as ’n fout gesien word.

Angie se ouers was teleurgestel, en Angie self het…

Bring Julle Bote

In 2017 het Orkaan Harvey vloede van katastrofiese omvang in oostelike Texas veroorsaak. Die geweldige reën het duisende mense in hul huise vasgekeer toe hulle nie die vloedwaters kon ontsnap nie. Met hul bote – die “Texas Navy” genoem – het baie van die private inwoners van ander dele van die staat en nasie gehelp en die vasgekeerde mense na…

’n Doring Wat Deurboor

Die bloed het geloop toe ’n doring in my wysvinger steek. Ek het gegil en toe met ’n kreun my vinger instinktief weggeruk. Ek behoort nie verbaas te gewees het nie – om ’n doringbos sonder handskoene te probeer snoei, was ’n uitnodiging vir wat pas gebeur het.

Die pyn wat in my vinger geklop het asook die bloed wat…

Gebed En Die Kettingsaag

Ek het waardering vir die vreesloosheid van my tante Gladys, selfs al bekommer ek my soms daaroor. Die oorsprong van my kommer het in die vorm van haar e-pos gekom: “Ek het gister die okkerneutboom afgesaag.”

Jy moet mooi verstaan dat my tante met die kettingsaag 76 jaar oud is! Die boom het agter haar motorhuis opgekom. Toe die wortels…

Slegte Asook Goeie Dinge

Vrees kan verlam. Ons weet presies wat ons angsbevange maak – al die seerkry van die verlede, asook alles wat dit weer so maklik kan doen. Soms steek ons vas – ons kan nie teruggaan nie, maar is ook te bang om vorentoe toe beweeg. Ek kán nie. Ek is nie goed, sterk of dapper genoeg om weer só seer…

Vertrou Hom Eers

“Moet my nie los nie, Pa!”

“Ek sal nie. Ek het jou. Ek belowe.”

Ek was ’n klein seuntjie en baie bang vir die water, nogtans wou my pa my leer swem. Hy het my doelbewus van die kant van die swembad af geneem na ’n diepte waar die water oor my kop kon kom. Daar was hy my enigste…

Vra Die Diere

Ons kleinkinders het verruk die bleskoparend wat gered is van naderby bekyk en selfs aan hom geraak. Die vrywilliger by die dieretuin het uitgewei oor die kragtige voël op haar arm en ek was verbaas om te hoor dat hierdie mannetjie ’n vlerkspan het van 2 m, hoewel hy weens sy hol gebeentes slegs 3,6 kg geweeg het.

Dit het…

Hy Het Ons Las Gedra

Dit is nie ongewoon dat diensterekeninge soms verrassend hoog is nie. Kieran Healy het egter ’n waterrekening ontvang wat ’n mens se hart sal laat staan – ’n bedrag van R1 193 910 200,00! Omdat hy seker was dat hy nie die vorige maand soveel water gebruik het nie, het hy skertsend gevra of hy die rekening in paaiemente kon…

Veilig In Sy Arms

Onweer het gedreig en ’n boodskap op my selfoon het gewaarsku oor moontlike kitsvloede. Daar was ’n ongewone aantal motors in ons buurt omdat ouers en ander mense die kinders by die bushalte kom haal het. Teen die tyd wat die bus daar aangekom het, het dit al begin reën. Dis toe dat ek die vrou sien wat ’n sambreel…